Meer oor ons

 
kykNET en kykNET & Kie se sepie vertel van die mense van Suidooster, ’n klein winkel- en sakesentrum in Ruiterbosch, ‘n fiksionele voorstad in Kaapstad. Drie gesinne lewe en werk saam en deel noodwendig in mekaar se lief en leed.

Mrs. J, ons matriarg, het twee dogters wat teenpole van mekaar is: Bridgette, die oudste suster, is ‘n huisvrou en sosiale vlinder, terwyl Lee-Ann, wat die jongste is, eerder haar met die sentrum se sake bemoei. Bridgette is getroud met eiendomsmagnaat Ian October – ‘n genadelose man wat alles in sy vermoë sal doen om die Octobers te laat seëvier.

Die res van die gemeenskap word saamgestel uit die persone wat omsien na die Oos Wes-restaurant, die Aalwyn Apteek en Suidooster Eiendomme Bpk. Die Samsodiens, ons konserwatiewe Moslem-gesin, besit en bestuur die apteek in die Suidooster sentrum. Hulle lewens lyk aanvanklik perfek, maar in Suidooster is alles nie altyd soos dit voorgee om te wees nie. Dieselfde geld vir die Du Plooy’s, wat om een of ander rede nie uit Ian October se houvas kan ontsnap nie.